Guest Reviews
Beste wegbreeknaweek ooit!
Uitsonderlike verblyf, stylvol, karaktervol. Asemskep met vistas wat strek vir ewig. Ongelooflik mooi. Opregte, hartlike gasheer en gasvrou wat meer as die ekstra myl loop om die akkommodasie uitsonderlik te maak. Wat 'n belewenis ─ kos vir die siel. Stilte. Sterre. Stap in die berge. Ek sien met afwagting uit om weer by Affi Lande te gaan kuier. 'n Juweel in die hartjie van die Vrystaat, in 'n uitsonderlike, natuurskone omgewing. 12/10!
Lizbe Hauman
Kliphuis
Vreedsaam in 'n pragtige omgewing
Leon en Adri het ons so welkom en tuis laat voel op hulle pragtige plaas. Ons het gestap, foto's geneem en sommer net lekker gekuier op 'n baie gemaklike stoep met die geselskap van die boerboel Ceasar wat sommer dadelik 'n spesiale plek in ons harte gekry het. Ek het ook groot waardering vir die goed versorgde tuin gehad. Kan nie wag om weer daar te gaan kuier nie.
Andrea Pienaar
Bloureen
'n Bestemming wat alle verwagtinge oortref.
Ons was op soek na 'n plek waar ons rustig kon afpak en 'n bietjie asem skep weg van die stadsgejaag, waar ons as vriende saam kon kuier en gerieflik kon slaap met plek vir almal. Ons kon alles hier kry. Volpunte!
Lukas de Waal
Hartbeeshuisie & Bloureen
Dit was ongelooflik, die atmosfeer, die akkommodasie en veral Adri het die verblyf vir ons so spesiaal gemaak.
Dit was 'n ongelooflike lekker wegbreek. Die akkommodasie is so uniek en met soveel styl gedoen. Dit voorsien in al mens se behoeftes. Adri is natuurlik die grootste bate. Sy het dit vir ons baie spesiaal gemaak en vir ons uitgevat berge toe, vir ons aanbevelings gemaak om na plekkies te gaan kyk en lekker gesels. Affi Lande sal ek enige tyd aanbeveel by enige iemand. Die ligging is fantasties en het 'n lekker plaasatmosfeer en 'n lekker wegbreek van die stadslewe. Ek sal môre weer gaan.
Frieda Beukes
Kliphuis
Vrede en rus vir die siel. Dankie vir julle gasvryheid en vriendelikheid.
Adri het ons met ope arms ontvang en ons het sommer dadelik tuis gevoel. Ons is ook bygestaan met die reël van 'n toer na Destiny Castle wat 'n wonderlike ervaring was. Ons het heerlik gebly en heerlik geslaap onder die luukse linne. Alles was netjies, skoon en die decor is pragtig. Ons sal beslis weer kom kuier.
Dalene Deysel
Magrietjie
Customer Experience
Exceptional
Score from 13 reviews 9.7
All categories
Cleanliness Location
Location Comfort
Staff Facilities
Value for money
View scores over time
Your review score is 9.7, but what did your guests actually think? We've analysed your last three months of reviews that had comments, then used them to highlight what your guests thought about your property's most important categories.
What guests loved:
1.Staff, Comfort, Value for money, Location
2.The bed and bedding were excellent
3.We have been traveling to Fouriesburg for many year's but the farm gave us new opportunities to see other aspects of the surrounding countryside - beautiful sun-downer spots, hiking trails and access to 4*4 trails and the sandstone water tunnels that are absolutely fascinating
4.There is a lot of attention to detail in the furnishing and finishes
5.The hosts were excellent, very friendly and helpful
6.The friendly and helpful owners were awesome
7.The BD dinner was done by Adri ( only on request for a large group) and it was DELICIOUS
8.Beautiful setting, friendly host and value for money
As per Booking.com
All the chalets

Share This Page