• Guests enjoy a sundowner trip up the mountain on a tractor and trailor
    Guests on a tractor trip
  • Guests enjoy the hiking trail on the farm
  • Guests love the attention to detail
  • Guests love the quality white linen

Guest Reviews

More than what we could wish for

Affi lande was more than what we could wish for. The bed was comfortable. The chalet clean and the setting great, close to town but still far enough that it was quite. The host gave suggestions of where to go and what to do. The environment and details of the chalet was beautiful.

André

Pretoria

Gorgeous setting for large groups

Adri & Leon has a gorgeous setting! The rooms are cosy and whimsical. I can't thank our hosts enough, they were patient with our large group of 20,beyond friendly and excellent hosts.

The units had stunning views and were beautifully decorated and well equipped. We were cosy during one of the coldest winters. GREAT!   

Stephanie

Johannesburg

Gorgeous setting for large groups

Adri & Leon has a gorgeous setting! The rooms are cosy and whimsical. I can't thank our hosts enough, they were patient with our large group of 20,beyond friendly and excellent hosts.

The units had stunning views and were beautifully decorated and well equipped. We were cosy during one of the coldest winters. GREAT!   

Stephanie

Johannesburg


Leon en Adri is so hulpvaardig en gasvry. Dit was 'n wonderlike vakansie in 'n pragtige wêreld.
Die Oos-Vrystaat is so mooi en daar is baie om te doen en sien. Leon en Adri se plaas is goed geleë en bied so baie - die natuur, rus, stap, geskiedenis. Mens kan 'n piekniek geniet in die berg met 'n mandjie vol heerlikhede wat hulle vir jou gereedmaak. Die verblyf is uitstekend en daar is verskillende opsies. Hulle kon ons ook so baie inligting gee oor wat om te doen en besigtig in die omgewing. Die plaas is naby die pragtige en interessante dorpie Fouriesburg.

Andrew Gerber

Kliphuis


Die verblyf by Affi Lande was vir seker een van ons beste naweke weg en ons volgende besoek by Affi Lande word reeds beplan.
Ons besoek aan Affi Lande was voorwaar baie besonders. Die natuurskoon in herfs is baie spesiaal. Die plaas het 'n paar besonderse aktiwiteite wat ons terdeë geniet het. Die omgewing en naburige dorpe het meer as genoeg om te doen vir die wat besig wil bly. Ons langnaweek was nie lank genoeg nie. Sal vir seker weer die plaas besoek.

Rene Taljaard

Magrietjie

Peaceful, cosy, a happy place.
Leon and Adri are lovely hosts and made us feel welcome from the minute we got there. It is a lovely boutique guest farm with loads to do on it. Ceasor the resident dog makes himself comfortable with you. I will go back any day.

Iris Oosthuizen

Bloureen

Ek praat namens my ouers wie daar gaan bly het: Dit was ongelooflik lekker en ontspannend! Adri is 'n wonderlike gasvrou!
Wat 'n merkwaardige, ongelooflike, kreatiewe vrou, met 'n hart van goud! Ek en my broer het dit goed gedink om ons ouers te bederf met 'n naweek weg vir hul 33ste huweliksherdenking. Ek het navrae gedoen by Affi Lande Boetiek Gasteplaas omdat ek gedink het my ouers sal dit verskriklik geniet, en het hulle nie! Van die kamer, die gasvryheid tot die plaas by Affi Lande, het dit vir seker my verwagtinge en my ouers s'n by verre oortref. Adri se moeite en liefde wat ingaan in haar werk by Affi Lande Boetiek Gasteplaas het ek en my ouers beleef! Vir 'n beter gasvrou kon ek en my ouers nie voor gevra het nie! Ek beveel Affi Lande Boetiek Gasteplaas vir enige iemand aan. Ek beplan om self daarheen te gaan om Adri te ontmoet en die mooiheid van haar plaas op Fouriesburg te gaan aanskou en te ervaar. Adri, weereens dankie vir al jou moeite wat jy gedoen het toe my ouers daar by jou was! Ek kon nie vir hulle 'n beter plek kry as Affi Lande Boetiek Gasteplaas nie, want jy en Affi Lande is die beste! Hoop om jou gou te sien!

Larissa Breytenbach

Hope vars lug, vrede, gerieflik en rustig.
Was tuis in die Kliphuis. Eerste indruk: warm en gesellig, en binne baie kreatief en met sorg gedoen met van die beste linne! Heerlik geslaap. Kans gegun om rustig te ontspan en batterye te herlaai. Salig! Sal definitief weer besoek as ons in die area is. Daar is ongelooflik baie om te doen en sien. Naweek te kort.

Bets Vermaak

Kliphuis

Ons het heerlik gekuier en dit is die plek waar gasvryheid welig groei.
Ons het in die studio geslaap. Die interieur is pragtig gedoen. Voel soos hotel in die berge. Pragtige omgewing

Irma Huyser

Studio

Beslis 'n belewenis!
Wat 'n heerlike kuier! Adri en Leon, ons gashere, het uit hul pad gegaan om ons te akkommodeer. Die verblyf was baie goed ingerig en besonders. Ons hele familie groep kan nie uitgepraat raak oor pragtige plek en omgewing nie. Voorwaar besonders.

Leona Harmse

Al die chalets